Molly & Wors

Reeks 3

TV-PG
Molly en Wors is ‘n treffer Afrikaanse situasiekomedie geskryf deur Willie en Pieter Esterhuizen. Die verhaal gaan oor die daaglikse lewens van die ietswat disfunksionele Visagie-familie wat bestaan uit Worsman, Molly, hul oudste seun Vaatjie en hul dogter Blapsie. Vaatjie studeer by die plaaslike hotelskool om n kok te word en Blapsie is in matriek maar bring die meeste van haar tyd saam met haar kêrel, Theunis, deur wat toevallig haar broer se beste vriend is. Molly is ‘n tandarts-assistant vir Dr. Procter en Wors is ‘n bestuurder by ‘n motorbatteryhandelaar

Where to Watch Molly & Wors • Reeks 3

26 Episodes

  • Episode 01
    E1
    Episode 01‘n Ontvangsdame word by Wors se werk aangestel, en dit ontstel Molly vreeslik. Sy doen alles in haar vermoë om van die vreemde vrou by Wors se werk ontslae te raak. Theunis en Blapsie maak ook weer op.
  • Episode 02
    E2
    Episode 02Vaatjie kry uit eindelik ‘n meisie, maar sy is nie wat die gesin ingedagte gehad het nie.
  • Episode 03
    E3
    Episode 03Worsie se ma, Ella, maak weer amok! Sy doen iets wat groot nagevolge het en waarvan Molly glad nie hou nie... Ella dobbel haar woonstel weg en moet by Molly en Wors intrek. Dit veroorsaak groot probleme.
  • Episode 04
    E4
    Episode 04Molly gaan weg vir slaapterapie. Ella hou huis, maar wil dit nie eintlik doen nie. Ella jaag vir Vaatjie se meisie en vir Theunis by die huis weg
  • Episode 05
    E5
    Episode 05Theunis is mal oor Sjarmeney en dit laat Blapsie besluit om haar grimering bietjie anders aan te wend. Dit ontstel vir Wors en Molly vreeslik.
  • Episode 06
    E6
    Episode 06Dit is Molly en Wors se twee-en-twintigste huweliksherdenking en Molly is doodseker dat Wors dit weer sal vergeet, maar nie hierdie jaar nie… Om een of ander rede onthou Wors, en gee selfs vir Molly blomme, ‘n kaartjie en ‘n geskenk.
  • Episode 07
    E7
    Episode 07Ella veroorsaak groot moles by huis Lelieveld wanneer sy ‘n ander vrou se man soen. Dinge raak so erg dat sy weer vir ‘n paar dae by Molly en Wors moet kom bly. Soos altyd veroorsaak Ella se teenwoordigheid moles in die Visagie huis.
  • Episode 08
    E8
    Episode 08Wors is onder geweldige druk by die werk en dit veroorsaak huismoles. Hy en Molly stry oor als en Blapsie moet vredemaker speel.
  • Episode 09
    E9
    Episode 09Ella daag skielik by Molly en Wors op en probeer Wors oortuig om borg te teken vir 'n persoonlike lening. Molly en Wors vermoed Ella soek weer dobbelgeld en alle hel bars los.
  • Episode 10
    E10
    Episode 10Theunis se ma skop hom uit die huis omdat hy haar kêrel se lyfroom gesaboteer het. Theunis trek in Vaatjie se rondawel in en dit veroorsaak baie moeilikheid by Sjermeney.
  • Episode 11
    E11
    Episode 11Wors gaan op 'n konferensie en Ella kom na die Visagie-huis toe sodat Molly nie eensaam raak nie. Ella en Molly slaan die bottel drank onder Molly se wasbak.
  • Episode 12
    E12
    Episode 12Wors beland in die sop by die werk vir cyber loafing. Theunis help vir Wors deur 'n rekenaar program te skryf wat cyber loafing verdoelsel.
  • Episode 13
    E13
    Episode 13Melvin wen 'n klomp geld deur die lottery en verpes vir Wors daaroor. Hy gaan 'n Harley koop - iets wat Wors vreeslik graag wil hê. Wors droom selfs daaroor en beland in die sop by Molly.
  • Episode 14
    E14
    Episode 14Molly stuur per ongeluk 'n sms wat vir Dr Proctor bedoel is na Wors. In die sms noem sy die dokter op sy bynaam. Molly moet bootlick om daarvoor op te maak.
  • Episode 15
    E15
    Episode 15Blapsie wil saam met Theunis van Rooyen op 'n week vakansie na Margate gaan. Ella beland in die noodkamer.
  • Episode 16
    E16
    Episode 16Wors laat uitglip dat vier dames hom sonder klere in die hotel se swembad tydens 'n werkskonferensie gesien het en Molly se toorn in die gesig moet staar. Blapsie en Theunis breek uit.
  • Episode 17
    E17
    Episode 17Ella leen geld by Wors vir 'n uitstappie na Bela-Bela saam met die inwoners Lelieveld, maar gaan saam met Errol Sun City toe. Molly kry 'n skootrekenaar by Dr Proctor en ontdek die wonders van die internet.
  • Episode 18
    E18
    Episode 18Blapsie voer 'n hart-tot-hart-gesprek met Ella oor Ella se buite-egtelike verhoudings met 'n ander vrou se man. Ella besluit om haar foute reg te stel.
  • Episode 19
    E19
    Episode 19Sjarmeney kry 'n nuwe tatoeëermerk. Theunis vind dit onweerstaanbaar en begin met haar flankeer. Dit is vir Vaatjie baie ontstellend en wanneer Blapsie daarvan uitvind, wys sy vir Theunis die deur.
  • Episode 20
    E20
    Episode 20Wors besluit om op 'n dieet te gaan. Dit maak Molly agterdogtig en sy verlei hom met heerlike kos. Theunis word gevang terwyl hy Sjarmeney se toon suig met erge gevolge.
  • Episode 21
    E21
    Episode 21Theunis word uit sy huis geskop en trek by Vaatjie in. Hardus kuier by Blapsie en Ella oornag ook by die Visagies. Die stampvol huis is 'n teelaarde vir moeilikheid.
  • Episode 22
    E22
    Episode 22Vaatjie en Sjarmeney het nuus wat hulle liewer nie met Molly en Wors wil deel nie, maar word gedwing om bekend te maak.
  • Episode 23
    E23
    Episode 23Theunis word weereens uit sy huis geskop en Sjarmeney volg dieselfde roete wanneer haar ouers van haar swangerskap uitvind. Beide van hulle trek in by Molly en Wors.
  • Episode 24
    E24
    Episode 24Vaatjie maak 'n ongeluk met sy bromponie en maak sy skouer seer. Theunis leen Vaatjie se wiele en kry ook 'n ongelukkige voorval. Blapsie voel onttroon.
  • Episode 25
    E25
    Episode 25Daar is groot moeilikheid in die Visagie-huis wanneer Wors besluit om sy werk te bedank en pos oorkant die pad as senior bestuurder en verkoopsman by Abdulla's.
  • Episode 26
    E26
    Episode 26Dit is tyd vir feesviering. Vaatjie en Sjarmeney gaan trou en daar is 'n groot verrassing vir almal by die troue.

 

  •   
  •   
  •   
  •   
  •   
  •   
  •   

Take Plex everywhere

Watch free anytime, anywhere, on almost any device.
See the full list of supported devices